Hierdie woord beskryf kinders se ervaring wanneer hulle met materiaal speel wat verskillende teksture bevat. Daar is geleentheid om met water, sand, modder, saagsels, gruis en soortgelyke materiale te speel. Hier kan die kinders ook met vorms wat ‘n simboliese betekenis het, soos in skaak, speel. Die twee sandputte teenoor mekaar beklemtoon die verskil tussen ‘n vierkant se vier hoeke en ‘n driehoek se drie hoeke. Hierdie twee vorms is ook spesifiek gekies om weg te beweeg van die rondheid van die gebou. Tussen die twee sandputte is ‘n lae muurtjie waarin pype van verskillende vorms geplaas is. Kinders kan van die een na dieRead More →

Vanweë die kalmerende effek van water, beklemtoon terapeute wat werk met hiperaktiewe kinders en kinders met spraakgebreke die terapeutiese waarde van veral waterspel. Die waterarea gee geleentheid vir die kleuters om met hul voete in die water te plas. Dit gee ook blootstelling aan wiskunde en wetenskap konsepte.Read More →

Die Tinka-Tonka is presies wat die naam se: Iets waarop die kinders kan raas en lawaai. ‘n Sterk draad of kabel word tussen twee pale gespan. Allerlei voorwerpe wat melodiese sowel as perkussieklanke voortbring wanneer die kinders daarop slaan, word aan die draad of kabel gehang. Behalwe vir die klankervaring – ouditiewe diskriminasie, kan dit ook aggressie help wegwerk.Read More →

Hierdie speelarea bestaan uit ‘n set-set area asook oop spasie op gras. ‘n Ander balaktiwiteit word elke dag reggesit.Leerders se hand-oog-koördinasie, hand-voet-koördinasie asook voet-oog-koördinasie word hier versterk tydens spel.Read More →

Die arena is ontwerp om te lyk soos die van antieke Griekeland. Kinders kry geleentheid om spontaan of saam met die onderwyseres stories of rympies uit te speel of sommer net konsert te hou. Verskillende rekwisiete (“props”) soos maskers, fantasieklere, ens. word daagliks beskikbaar gestel. Gedurende fantasiespel kry die kinders die geleentheid om hul sosiale en emosionele vaardighede uit te oefen.Read More →

Die stadskind kry min geleentheid om, veral kaalvoet, oor rowwe terrein te loop. Verskillende voorwerpe is in die betonblad vasgesement en kleuters word aangemoedig om kaalvoet oor hierdie blad te loop en hulle ervaring te verwoord. Die area dra by tot Kinestetiese bewustheid.Read More →

Hierdie is ‘n opwindende plek vir die kinders. Die reuke en verskillende gebruike van die kruie is ‘n heerlike ervaring vir die kinders.Read More →

Elke klas het sy eie stukkie grond waarop hulle na hartelus kan plant. Projekte soos die plant van katoen kan aangepak word. Die leerders beleef hier ook die lewensiklusse van plante.Read More →