ARENA


Die arena is ontwerp om te lyk soos die van antieke Griekeland. Kinders kry geleentheid om spontaan of saam met die onderwyseres stories of rympies uit te speel of sommer net konsert te hou. Verskillende rekwisiete (“props”) soos maskers, fantasieklere, ens. word daagliks beskikbaar gestel. Gedurende fantasiespel kry die kinders die geleentheid om hul sosiale en emosionele vaardighede uit te oefen.