UITREIKPROGRAM

In East Lynn, Pretoria, is ‘n baie spesiale kleuterskool, DERDEPOORT VOORSKOOLSE ONTWIKKELING SENTRUM, opgerig vir kleuters wat ‘n hoë risiko het. Die kleuters wat daar gehuisves word, bly dikwels in haglike omstandighede sonder enige hoop op ‘n sinvolle toekoms. Die skool het ‘n baken van hoop geword in ‘n gemeenskap met baie uitdagings. Dikwels is die bord kos wat die kleuters by die skool kry, die enigste bord kos vir die dag.

Terapeute word gebruik om die soms erg getraumatiseerde kleuters te help. Die opvoedkundige program wat in die skool aangebied word, is van die hoogste gehalte en die kleuters word met groot liefde behandel. Die skool is in sy vyfde bestaansjaar en huisves tans 45 kleuters in 3 klasse. Die projek is ‘n gesamentlike poging van die CSR (Christelike Maatskaplike Raad) en die kleuterskole van die Midstream Estate. Vir die volhoubaarheid van die projek is ons afhanklik van donasies en donasies.

“Children are the living message we send to a time we will not see.”
-John W. Whitehead, founder, Rutherford institute

EENMALIGE DONASIE
ʼn eenmalige finansiële skenking

MAANDELIKSE DONASIE
ʼn maandelikse bedrag – R300 borg ʼn kind

KLERE DONASIE
of deur ou klere en linne te skenk

BESIGHEIDS DONASIE
bydrae kan ook deur u werkgewer of maatskappy gedoen word (enige bydrae is aftrekbaar van belasting)

EENMALIGE DONASIE
ʼn eenmalige finansiële skenking

MAANDELIKSE DONASIE
ʼn maandelikse bedrag – R300 borg ʼn kind

KLERE DONASIE
of deur ou klere en linne te skenk

BESIGHEIDS DONASIE
bydrae kan ook deur u werkgewer of maatskappy gedoen word (enige bydrae is aftrekbaar van belasting)