WATERSPEL


Vanweë die kalmerende effek van water, beklemtoon terapeute wat werk met hiperaktiewe kinders en kinders met spraakgebreke die terapeutiese waarde van veral waterspel. Die waterarea gee geleentheid vir die kleuters om met hul voete in die water te plas. Dit gee ook blootstelling aan wiskunde en wetenskap konsepte.