ONS UNIFORM

Die skool het ʼn t-hemp en sweetpak wat op Vrydae skool toe gedra word. Die t-hemp en sweetpak is ook verpligtend gedurende uitstappies, instappies, fotodae en spesiale byeenskomste. Hierdie items is te koop by die skool.

Die skoolhoed word elke dag gedra tydens buitespel gedurende skool asook in die naskool. Hoede word by die skool gelaat in die gemerkte klas se hoedmandjie voordat die kinders smiddae vertrek.

Trek asseblief vir u kind gemaklike, ou, wasbare klere aan, want morsige spel vorm deel van u kind se ervaring in die program. Weens die negatiewe impak van aksiefigure op t-hemde (soos Batman en Spiderman) op kinders se fantasiespel mag die soort t-hemde nie skool toe gedra word nie. Navorsing het ook bewys dat kaalvoet loop die beste vir die ontwikkeling van u kind se voete is, daarom glo ons dat skoene met sole wat nie kan buig nie, dogters met hoë hakke en skoene met sole wat kan gly, plakkies asook “crocs” belemmer die ontwikkeling van kinders se grootmotoriese vaardighede asook die voordele wat van sensoriese integrasie kan verkry kan word, dus glo ons in kaalvoet spel en loop. Toeryg skoene met ʼn sagte sool wat kan buig is toepaslike skoene vir die winter.

Die dogtertjies geniet klim-en-klouter terdeë, maar word gekortwiek deur hulle rokkies wat òf te lank is en vasgetrap word òf te kort is. Derhalwe moet dogtertjies ʼn kortbroek of ʼn “ski-broekie” onder hul rokkies aantrek. Dit sal hulle die vryheid bied om na hartelus te kan klim-en-klouter. Pak addisionele stel klere (gepas vir die seisoen) in geval van ʼn glipsie. Alle klere en skoene moet duidelik gemerk wees.