Hierdie woord beskryf kinders se ervaring wanneer hulle met materiaal speel wat verskillende teksture bevat. Daar is geleentheid om met water, sand, modder, saagsels, gruis en soortgelyke materiale te speel. Hier kan die kinders ook met vorms wat ‘n simboliese betekenis het, soos in skaak, speel. Die twee sandputte teenoor mekaar beklemtoon die verskil tussen ‘n vierkant se vier hoeke en ‘n driehoek se drie hoeke. Hierdie twee vorms is ook spesifiek gekies om weg te beweeg van die rondheid van die gebou. Tussen die twee sandputte is ‘n lae muurtjie waarin pype van verskillende vorms geplaas is. Kinders kan van die een na die ander sandput sand deur die pype laat loop en terselfdertyd belangrike begrippe soos afdraande en opdraande leer. ‘n Blokkiesbord is op die plaveisel rondom die sandputte geverf vir bordspeletjies soos dambord, slangetjies en leertjies en skaak. Die fokus is Sensoriese ontwikkeling, verkenning en ontdekking.
2019-12-17