MEDIA EN BIBLIOTEKE
Ons goed toegeruste opvoedkundige speelgoedbiblioteek, sensopatiese-biblioteek, mediasentrum asook terrein speelgoed verseker dat ons kleuters aan ‘n wye verskeidenheid van opvoedkundige speelgoed en apparaat blootgestel word. ‘n Spesiale aktiwiteitskamer, toegerus met gespesialiseerde apparaat, gee ruim geleentheid vir ontwikkeling. ‘n Spesiaal ontwerpte terrein, in nege leer areas ingedeel, bied talle ontdekkings- en verkenningsgeleenthede; dus ‘n lushof vir die avontuurlustige en bied verskeie uitdagings.
Elke skool het sy eie mediasentrum en biblioteke waar juffrouens daagliks terrein speelgoed, weekliks boeke en twee weekliks opvoedkundige speelgoed uitneem om die kurrikulum te komplimenteer.