KINDERS SE GEDRAGSKODE
Die personeel van die skool fokus om die volgende beginsels te vestig by kleuters:
By die skool:
- …… Groet ons mekaar vriendelik en duidelik.
- …… Kyk ons mekaar in die oë wanneer ons met mekaar praat.
- …… Respekteer ons mekaar.
- …… Gee ons om vir mekaar.
- …… Leer ons tafelmaniere.
- …… Pas ons, ons speelgoed, klaskamer en terrein op.
- …… Respekteer ons die natuur en bewaar ons die omgewing.
- …… Is ons dankbaar vir elke nuwe dag.
- ……. Ons sê ons “dankie” en “asseblief”.
- ……. Ons sê ons “ek is jammer” en “ek vergewe jou”.
- ……. Mag ons sê hoe ons voel.
- ……. Mag ons kwaad, hartseer en jaloers wees (emosies beleef).
- ……. Leer ons van Jesus.
- ……. Is ons gelukkig.
- ……. Is ons gerat vir more.
- ……. Praat ons die waarheid.
- ……. Glo ons in onsself en in mekaar.
- ……. Maak ons beurte.
- ……. Is ons behulpsaam.
- ……. Is ons uniek.