
KURRIKULUM
BELEID
Na deeglike besinning is MLPP se leuse: “Gelukkige kleuters gerat vir more…” met groot sorg gekies. ‘n “GELUKKIGE kleuter” is van kardinale belang want:
“…Stress and threat impact the brain in many ways. They reduce capacity for understanding, meaning and memory. They reduce higher order thinking skills…”
“…Emotions run the brain. Bad ones flavour all attempts at learning. Good ones create an excitement and Jove of learning…” (Uit: Beginnings and Beyond)
In ‘n kleuterskool-opset is stabiliteit en stimulasie van die belangrikste faktore vir gelukkige kleuters.
Om stabiliteit te verseker word slegs toepaslik gekwalifiseerde personeel aangestel, is daar ‘n assistent in elke klas wat ook by die naskool betrokke is om kontinuïteit te verseker. Ouers word op talle maniere by die skool se aktiwiteite betrek ten einde samewerking tussen die skool en ouerhuis te bevorder.
“Gerat vir more” is die tweede faset van ons leuse. Ons volg ‘n uitkomsgebaseerde onderrigprogram waar die klem val op ontdekking, ervaring en meelewing. Alle beplanning word rondom temas gedoen. Die volgende is aanhalings uit Beginnings and Beyond:
11… The neocortex is strongly run by patterns, not facts; we learn best with themes, patterns and whole experiences…”
“…We learn in a multipath, simultaneous style that is visual, auditory, kinaesthetic, conscious and non- conscious. We do most poorly when we “piecemeal” learning into linear, sequential math facts and other out-of-context information lists…”
“…Our memory is very poor in rote, semantic situations. It is best in contextual, episodic, event-oriented situations…”
“…Our brains are stimulated by challenge, novelty and feedback in our learning environments. Creating more of these conditions is critical to brain growth…”









Soveel leer- en ontdekkingsgeleenthede as moontlik word vir die kleuters geskep deur ons leerprogramme:
TAAL
WISKUNDE
LEWENSVAARDIGHEID
Dit word ook ondervang in ons nege leer areas binne en buite die klaskamer.



In Beginnings and Beyond, saamgestel deur Ann Miles Gordon en Kathryn Williams Browne, word dit duidelik dat kinders die beste leer deur middel van spel:
“… Early childhood educators continually search for ways to answer, ‘Don’t they do anything but play?’ In many settings, parental pressure and teacher uncertainty have led to curricula with more table tasks and less active play periods in the daily schedule…”
.. Play is the cornerstone of learning, the foundation from which children venture forth to investigate, to test out. Curriculum takes on expression through play; teachers plan curriculum using play as the medium for learning. As they mature, children integrate and assimilate their play experiences and what started out as play is transformed into learning experiences…”
- MLPP volg ʼn Perseptuele Ontwikkelingsprogram wat die Suid Afrikaanse Kurrikulum Verklarings ondersteun. Hierdie Verklarings is die hersiene weergawe van Kurrikulum 2005.
- Hiervolgens is die metode van onderrig gegrond op Uitkomsgebaseerde Onderrig (UGO). Die basiese beginsels in UGO word aangewend by MLPP.
- Die Kurrikulum word aangebied deur Temas en beplande aktiwiteite wat vaardighede deur spel, verkenning en ontdekking ontwikkel. Kinders moet nie net kennis versamel nie, maar moet ook verstaan wat hulle leer. Daarmee saam moet die nodige vaardighede bekom word, verhoudings gekweek word en ‘n waardesisteem gebou word wat by die kennis hoort
- Kinders is aktief betrokke (kinestetiese en konkreet) in die leerproses om hulle kreatiwiteit verbreed in al die leerstasies.
- Kinders word die geleentheid gebied om op verskillende wyses teen hulle eie pas te werk. Nogtans werk hulle binne ‘n tydraamwerk.
- Taal van leer en onderrig en die verskillende benamings van taal:
- Moedertaal is die taal wat aangeleer word “aan moeder se knie”.
- Huistaal word beskou as die taal wat tuis gepraat word en dit hoef nie noodwendig die moedertaal te wees nie.
- Die skool maak voorsiening vir Afrikaans of Engels as leer- /onderrigtaal en kinders word in die ooreenstemmende klas geplaas. Waar gesinne Afrikaans of Engels as huistaal gekies het, kan kinders uit daardie gesinne aanvaar word slegs as hulle die gekose taal op dieselfde vlak as moedertaal verwerf het. Die skoolbestuur se oordeel aangaande ʼn kind se taalvaardigheid is deurslaggewend en finaal vir opname van die betrokke kind.
- Ons glo, dat u as ouers by die leerproses van u kind betrek moet word en daarom is daar oueraande en verder word vorderingsverslae twee keer per jaar uitgegee deur u klasonderwyseres.

Om die kleuters se horisonne te help verbreed, word daar gereeld in- en uitstappies gereël. ‘n Spesialis onderwyseres doen daagliks, waar nodig, remediërende werk en ons kleuters neem graag aan uitreik aksies deel , om so van jongs af te leer dat hulle ‘n verskil kan maak en daarbenewens skakel ons gereeld met die Laerskool om seker te maak dat ons in voeling bly.
Elke Vrydag is daar ‘n poppekasvertoning, ons vier spesiale dae soos Oupa en Oumadag en hou ook “messy play” dae.
Dit is ‘n voorreg om betrokke te wees by die opvoeding van u kind waar ons gedryf word na uitnemendheid deur ons leuse: “Gelukkige kleuters gerat vir more…”!