VOëL-STORIETUIN


Hier val die klem sterker op die estetiese. ‘n Kindertuin is uitgelê met paadjies tussen die akkers en tablo’s. Boekies, tydskrifte en leeskaarte word hier vir die kleuters in ‘n leeshoekie reggesit. ‘n Hok met budgies en wilde voëltjies, asook ‘n kamp vir eende en hoenders vorm deel van hierdie area en kleuters raak betrokke by die versorging van hierdie area.