Hier kan kleuters na hartelus bou en “mors” en so oefen hul onbewustelik probleem oplossing en logiese denke terwyl hul verskeie konstruksies bou.Read More →

Musiek is hier beskikbaar. Serpe, linte, fantasieklere en nog vele meer word hier reggesit. Die area dra by tot die ontwikkeling van ekspressiewe taal en woordeskat uitbouing.Read More →

Hier val die klem sterker op die estetiese. ‘n Kindertuin is uitgelê met paadjies tussen die akkers en tablo’s. Boekies, tydskrifte en leeskaarte word hier vir die kleuters in ‘n leeshoekie reggesit. ‘n Hok met budgies en wilde voëltjies, asook ‘n kamp vir eende en hoenders vorm deel van hierdie area en kleuters raak betrokke by die versorging van hierdie area.Read More →

In hierdie area leer die kleuters al die vaardighede aan om ‘n apparaat met wiele te kan manipuleer. Die ryvlak is so beplan dat daar afwisseling in die ryvlak is d.m.v. ‘n bruggie, ‘n holte en ‘n pypheuwel. Verder moet daar koers gehou word om sirkels en by afdraaipaaie. Die voetbrug bring ook vernouing van die ruimte bokant die kop.Read More →

Hier word na hartelus in die sand gegrou en kastele gebou. Die area help terselfdertyd die ontwikkeling van fynmotoriese spiere wat nodig is vir ontluikende skrif.Read More →